Tuis
Die Gereformeerde Kerk Cachet is die studente gemeente op die NWU kampus. Ons het ongeveer 800 lidmate. Die gemiddelde ouderdom van die lidmate is so 22 jaar. Ons het al ons dertigste bestaansjaar gevier.
Die eredienste vind in die universiteit se termyne plaas in die Sanlam Ouditorium en in die vakansies by die Gereformeerde Kerk Potchefstroom, met wie ons ‘n bedieningsooreenkoms het. Hulle help Cachet o.a. deur die pastorie beskikbaar te stel vir ds. Ronald.
Die meeste van ons ander byeenkomste vind plaas in die Gemeentesentrum (GS) te Hoffmanstr. 28. Hierdie is ‘n huis wat omskep is in kantore, ‘n koffie-kroeg en ‘n vergaderlokaal. Gedurende die week is die predikante meestal in die oggende en aande hier waar hulle studente sien vir huisbesoek, pastorale gesprekke en ander ondersteuning.
Die sekretaresse, me. Elsa Venter, hou die GS oop van 08:30—16:00. Enige student is welkom om afsprake te kom maak by die predikante of om koffie te kom drink.
Dr. Frans Minnie is die berader wat ook in ons gemeente met die studente werk. Hy spreek ook mense by die Gemeentesentrum.
Ons ander twee hulp predikante is ds. Leo van Schaik en prof. Henk Stoker.
Prof. Rantoa Letsosa is die predikant wat uithelp by die Koepelwyk.
| Vervoer na die erediens: | Diakens olv Johan van Schaik 082 319 0464 |
| Kosters: | olv Friedrich de Wet 084 629 7051 |
| Voorsitter Diakonie: | Johan van Schaik 082 319 0464 |
| Reël van die bussies: | Rykie Reynecke 018 294 6677 |
| Dopper Chopper(nuusbrief): | Karin Bain 082 532 1620 karinbain@gmail.com |
| Webblad: | Jaco Viljoen 071 033 1128 viljoen.jacobus@gmail.com |
| Leen van kombuistoerusting: | Carlizé Snyman 071 423 1667 en Elsa Venter by die GS |
| Reëlings i.v.m. spyskaarte en kos: | Magda Reynecke 082 880 7657 |
Kontakpersone van Uitreike en Groepe:
| Ons Hulde: | Kosie Henning 079 913 6466 |
| Namibië: | Danie Malan 082 675 7980 |
| Koningskinders: | Willem van der Meer 073 021 6871 |
| Phuthaditjaba: | Gerhard Combrinck 072 661 6433 |
| Jubila: | Engela Bisschoff 076 967 2063 |
| Filadelfia Dames: | Isabel Vogel 084 222 8894 |
| Gebedsgroep: | Esmarie Linde 083 446 5511 |
| Skoolverlaterskamp: | Hardus Lee 084 983 8714 & JG Ehlers 084 906 3732 |
| Emmanuel Mathoporong: | Leo van Schaik 082 652 5520 |
| Malawi: | Marthiens Heymans 072 934 9135 |
